Antonet se geselshoekie

Hier kan ons sommer net real en prakties wees oor Christenskap


Leave a comment

Jy kan God please – met Sy hulp

Ek dink een van ons Christene se grootste struggles is om God tevrede te stel. Veral in Paulus se briewe lees ons oor en oor dat ons moet ophou sonde doen. Maar ons word byna elke minuut van elke dag gekonfronteer met ons eie wil en behoeftes. Jy drink dalk net nog een “blymakertjie”, of knyp oë toe en koop daai mooi skoene op die (oorvol) kredietkaart. Sommer gou hierna kom die skuldgevoel. Jy voel dat jy God ALWEER gefail het. Jy weet dit was nie Sy wil nie (maar joune) en jy voel asof Hy nou kwaad is vir jou.

Maar daar is goeie nuus! Jy kan nie in jou eie krag die regte dinge doen nie – en God weet dit. Hy sê in Hebreërs 13:21 dat Hy ons toerus om Sy wil te kan doen. En dat Jesus die Een is wat dinge in ons laat gebeur waarvan God hou. Hierdie vers is ʼn groot verligting vir my. Hooplik vir jou ook.

Hebreërs 13:21 Mag dié God julle toerus met alles wat goed is, sodat julle sy wil kan doen. Mag Hy deur Jesus Christus in ons tot stand bring wat vir Hom aanneemlik is (1983).

 


Leave a comment

Vergifnis

In Matteus 6:14 lees ons dat wanneer ek ander mense vergewe, sal God my vergewe. In Johannes 20:23 gaan dit nog verder: as ek ander vergewe, sal God hulle vergewe. As jy nie iemand anders vergewe nie, vergewe God ook nie daardie persoon nie. Sjoe, dis erg! Dit is dus dubbel noodsaaklik om ander mense te vergewe.

Kyk net wat vergifnis in detail beteken:

  • Vrylaat
  • Om genade te betoon
  • Nie langer vashou nie
  • Om jouself op te lig
  • Wegstap
  • Herstel

So wanneer jy vergewe bevry jy jouself en die ander persoon, deur genade te bewys. Eerstens kies jy om nie langer vas te hou aan bitterheid en wrokke wat jou gevange hou nie. Wanneer jy laat los, word jy opgelig en kan jy wegstap van die negatiewe gevoelens. Eers dan sal jy begin herstel.


Leave a comment

Genade

Ons kan so maklik sê: “O genade!” as iets gebeur. In Engels is dit die woord mercy of grace. Maar wanneer ons hierdie woord van nader bekyk in die Bybel, sien ons dat dit ook vertaal word as “ontferming” (NLV) en “liefde” (DB).

Psalm 40:12 (NLV) klink so:Here, moenie u ontferming van my weghou nie. Laat u liefde en trou my altyd beskerm.” In die Engelse Bybels is hierdie Psalm 40:11. In die Amplified Bible klink hy so: “Withhold not Your tender mercy from me, O Lord; let Your loving-kindness and Your truth continually preserve me!”

Ek het gaan kyk wat hierdie genade/ontferming/mercy in die oorspronklike Hebreeus beteken: dit is soos die fetus sagkuns in die baarmoeder beskerm word.

Wow, is dit nie kosbaar nie?


Leave a comment

“Before” en “after” God

Ek kom nou net af op iets in my joernaal van 2010. Ek het die dag Psalm 107:20 in die King James Version gelees. Dit sê: “He sent his word, and healed them, and delivered them from their destructions.” Ek het ook Efesiërs 5:26 ontdek wat sê dat God ons skoon was met die water van die Woord.

Ek het eers die woord “healed” gaan opkyk. In die oorspronklike Hebreeus beteken dit: “to mend by stiching”. Daarna het ek gesien dat die woord “delivered” beteken “to be smooth”. Dit het onmiddelik ‘n prentjie by my opgebring van God wat met baie tyd en geduld al my stukkend met stekies vaswerk. Wanneer Hy my bevry, is dit ook asof hy al my lelike kreukels weer glad maak. Al my vuil verdwyn ook wanneer Hy my was met Sy Woord.

Ek het daai dag 2 stukke wit lap geneem. Die eerste stukkie lap het ek geskeur, gekreukel en in die grond gaan vryf. Die tweede stukkie het ek heel en skoon gelos. Ek het albei in my joernaal geplak. Vir my is dit ‘n “before” en “after” prentjie van God se werk in my.Vuil en skoon lap