Antonet se geselshoekie

Hier kan ons sommer net real en prakties wees oor Christenskap

Boek: Van Nuut Tot Nice

Voorblad Van Nuut Tot Nice 2014

Ek het vir jare geweet dat ek ʼn boek moet skryf. In 2009 sê die Here vir my dat die tyd aangebreek het om te begin skryf. Ek het al geleer dat gehoorsaamheid mucho importante (sommer BAIE belangrik) vir God is. Moenie te gou beïndruk word nie. Ek weet gehoorsaamheid is belangrik en ek probeer om altyd te luister. Ek kry dit net partykeer reg.
In elk geval, so in my slaap kry ek die titel vir die boek en ʼn “weet” waaroor dit presies moet gaan. Glo my, dit was nie bloot my eie inisiatief en kreatiwiteit nie! Na omtrent ʼn jaar se skryf, floppies maak, oor begin, regmaak, byvoeg, ens. is Van Nuut Tot Nice gebore. Ek het hom eers self laat druk, en byna ʼn 1000 gratis uitgedeel.
Ek het een eksemplaar vir CUM Uitgewers gestuur en hulle het die boek aanvaar. Dit is ʼn wonderwerk! Op 19 Maart 2012 verskyn Van Nuut Tot Nice op CUM se rakke landwyd. Hulle het my baba ʼn facelift gegee en hy het vir twee jaar heeltemal anders gelyk.

In Februarie 2014 het ek die regte vir Van Nuut Tot Nice terug gekry van CUM. Ek het hom nou weer met sy oorsponklike gesiggie laat druk. Hy kan nou aanlyn bestel word by Groep 7 Drukkers: http://groep7-selfpublish-books.co.za/christelik/257-van-nuut-tot-nice-antonet-bekker.html

Waaroor gaan Van Nuut Tot Nice?
Gemeet aan die Bybel is ons almal darem maar baie onvolmaak. Jy probeer so hard om die regte dinge te doen en die regte pad te loop, net om weer die taxibestuurder te vloek en die hond te skop. Dan voel jy vir dae lank skuldig en dink God is kwaad vir jou. Dis heeltemal menslik om daarna weer vir die bedelaar by die verkeerslig ‘n geldjie te gee om jou gewete te sus.
Ek het goeie nuus vir jou: terwyl jy hier op aarde is, gaan jy nooit volmaak kan word nie. God is nooit teleurgesteld in jou nie, want Hy het nooit enige onrealistiese verwagtinge van jou nie.
Nadat jy ‘n keuse vir Jesus gemaak het (NUUT word), kan die Heilige Gees jou daagliks begin verander (NICE maak). Dis reg, hier op aarde kan jy net meer en meer nice word, maar jy sal eers in die hemel perfek word. Van Nuut Tot Nice gee praktiese raad en bemoedig jou op hierdie pad van heiligmaking saam met God. In hierdie boek gaan ons Bybel toe en gaan soek die waarheid oor onderwerpe soos: wat is kerk, geloof, Christenskap, die Heilige Gees, genesing, liefde, die duiwel en nog vele meer.
Hierdie boek sal jou leer wat dit is om NICE (Net In Christus Effektief) te word.

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s