Antonet se geselshoekie

Hier kan ons sommer net real en prakties wees oor Christenskap


Leave a comment

Die “NOAH” fliek

Noah
Ja, ek het ongelukkig die NOAH fliek gaan kyk. Ek het uitgestap met ʼn siek gevoel in my. Die storie was evil, donker en meestal baie ver van die Bybelse weergawe. Ek kon nie ophou dink aan die vyf tiener outjies wat voor ons in die fliek gesit het nie. Het hulle die regte storie in die Bybel gelees, of vreet hulle al die snert in die fliek vir soetkoek op?

• Noag se pa is nie doodgemaak toe hy ʼn klein seuntjie was nie. Genesis 5:30 sê dat Lameg nog 590 jaar geleef het na Noag se geboorte.
• ʼn Slangvel (blykbaar van die slang in die Tuin van Eden) word van Adam af oorgedrag na al die daaropvolgende geslagte. Noag “erf” dan ook hierdie slangvel wat magic kragte het, van sy pa.
• Noag het nie sy seun se meisie laat doodgaan nie. Sy seuns het reeds almal vrouens gehad wat ook saam op die ark was (Gen. 7:7).
• Gevalle engele (“rockmonsters” of “watchers”) beskerm Noag en sy gesin. Dis nie Bybels nie.
• Vir Noag om te glo dat hulle (hy en sy gesin) bloot net daar is om die “onskuldige” diere te red van die vloed, klink vir my soos ʼn New Age beginsel. Noag raak van sy trollie af wanneer Sem se vrou ʼn tweeling kry omdat die mense-ras nie veronderstel is om voort te bestaan nie. In Genesis 6:18 sê God vir Noag dat Hy ‘n verbond met hom oprig en in Genesis 9:1 seen Hy Noag en sy seuns en sê dat hulle moet vrugbaar wees en vermeerder.

Dis maar net ʼn paar van die leuens. Die feit dat al die mans en vrouens langbroeke dra is net nog een. Ek dog die mense in die Bybelse tyd het almal rokke/klede gedra?

Ek beveel nie hierdie fliek aan nie.