Antonet se geselshoekie

Hier kan ons sommer net real en prakties wees oor Christenskap

Boek: Ek en Kerk

Voorblad vir blog

Soveel mense het al seergekry in die kerk. Dis so jammer, want dit is juis die plek waar ons aanvaar en liefgehê moet word. Hebreërs 10:25 sê dat ons nie van die kerk moet wegbly nie. Ons behoort mekaar eerder aan te moedig om soontoe te gaan. Maar wat as kerk juis die laaste plek is waar jy wil wees?

God het vir my die opdrag gegee om onderhoude met lidmate en leraars van verskillende kerke te voer, om uit te vind wat mense se verwagting van kerk is. Daar was mooi stories, maar ook rillers. Omdat ek al die stories anoniem wou hou, het ek hulle saam gesit in een storie wat vertel word deur Christen van Niekerk. Hierdie is die “ek en kerk” gedeelte van die boek.

In die tweede deel van Ek en Kerk, gee God vir ons ʼn pragtige gelykenis, waarin die kerk met ʼn lughawe vergelyk word. Vliegtuie en lidmate, Jesus en landingstroke, en God in die Beheertoring. Die Woord moet mos so eenvoudig wees dat selfs kinders dit kan verstaan.

Hierdie boek sluit af met die hoofstuk Ek en Kerk” waarin God aan die Woord is. Hier vertel Hy ons wat Sý opinie oor die kerk is.

My gebed is dat elke leser gelaat sal word met meer liefde en vergifnis, vir mekaar en die kerk.