Antonet se geselshoekie

Hier kan ons sommer net real en prakties wees oor Christenskap

Boek: Huwelik Bliss

HB cover
Huwelike is een van die wonderlikste en belangrikste, maar ter selfde tyd een van die hartseerste dinge in ons hedendaagse lewe. Dit is vir God baie belangrik en Hy wil hê dit moet vir ons ‘n blessing wees. ‘n Goeie huwelik is nie net ‘n seën vir die man en vrou nie, maar vir baie geslagte daarna. Dis seker hoekom dit een van Satan se favourite slagvelde is. Wanneer mense skei, verwoes dit nie net twee lewens nie, maar sommer ‘n paar geslagte sʼn ook.

Nou wat is ‘n gebluste huwelik? Dis een wat met net goeie intensies begin is en net met goeie prokureurs eindig. Dis een wat met baie verliefdheid begin het, maar waar verliefdheid nooit in ware agape liefde ontwikkel het nie.

In die boek, Huwelik Bliss, begin ons by die begin, daar by Adam se “Vir-haar-ie” en Eva wat verbode vrugkonfyt staan en kook. Ons trek beide die Bybel en wetenskap nader om te kyk hoe amazing God die huwelik en seks geskep het. Sy doel hiermee word sommer nog duideliker wanneer jy sien wat die wetenskap al oor ons ontdek het.

Dan kyk ons ook na die voorhuwelikse era (Tiener tot Trou), want dis waar ons partykeer soveel stupid besluite maak wat ons nog jare later in die huwelik in die butt byt. Moeilike onderwerpe soos saambly, homoseksualiteit, “perde koop” en hoekom jy wil trou word reguit aangespreek.

Wanneer ons oor die huwelik self praat kyk ons na wat dit nou regtig is en wat God dit bedoel het om te wees. Daar word hier nogal heelwat oor seks ook gepraat, want dis ‘n belangrike deel van die huwelik en een van die duiwel se favourite “speel plekke”. Ons Christene praat mos nie hieroor nie. Onderwerpe soos onderdanigheid, pornografie, affairs en roMANse word ook van nader bekyk. Mans sal veral die “Hoe om jou vrou in Top Gear te kry” hoofstuk geniet en mooi verstaan. Ek het ook ʼn klomp vrouens gevra om vraelyste te voltooi oor hulle belewenis van seks binne die huwelik. Jy sal verbaas wees oor die resultate van hierdie vraelyste.

Laastens kyk ons na die hartseer werklikheid wanneer die pôpô die huweliksfan tref. Daar is baie ware stories in die boek. Jy kan dalk identifiseer met hulle en ander gaan dalk klink of dit ‘n fliek kon wees.

Ek hoop dat die boek jou sal help om ‘n gebluste huwelik te voorkom of om jou te help om jou gebluste huwelik in huwelik bliss te verander. Onthou net dat alleenlik God ‘n strepie deur blus kan trek en bliss in die plek daarvan kan skryf. Jy kan dit nie self regkry nie, maar Hy kan en sal, as jy Hom toelaat.

Die boek kan bestel word op Groep 7 Drukkers se webwef: http://groep7-selfpublish-books.co.za/christelik/164-huwelik-bliss.html

Leave a comment