Antonet se geselshoekie

Hier kan ons sommer net real en prakties wees oor Christenskap


Leave a comment

Huwelik Bliss word gebore

HB naam jpeg
Byna ses weke se skryf is agter die rug! Die manuskrip is nou by die proefleser. Die drukkers het al die ISBN nommer geregistreer en begin volgende week met die buiteblad. Al die balle is aan die rol.

God het vir my die naam Huwelik Bliss in prentjie vorm gegee. Dit beteken: Is jy op hierdie stadium in ʼn gebluste huwelik of is jy dalk besig om jou huwelik te blus? Of hoop jy vir meer bliss (geluk) in jou vervelige huwelik? Net God alleen kan blus doodkrap en bliss in die plek daarvan skryf.

Die boek is propvol ware stories en sommer baie humor. Wie is Bokkie en Rambo? Het Eva Verbode Vrug konfyt staan en kook in die Tuin van Eden? Het jy geweet vrouens kan vergelyk word met sport motors? Hoekom is dit stupid en diefstal om seks voor die huwelik te hê? Trou is nie perde koop nie – of is dit? Hoe sit jy jou eie man weer terug in roMANse? Wat het die resultate gewys van die klomp vraelyste wat ek vrouens laat voltooi oor seks in die huwelik? Hierdie, en sommer nog baie ander vrae, word in Huwelik Bliss beantwoord.

God het al die geld voorsien om 1000 boeke te druk. Sy opdrag was dat ek dit gratis moet uitdeel, sodat huwelike gered kan word. Hy wil hê dat huwelike weer moet lyk soos Hy dit geskep het om te wees.

Ek is so opgewonde hieroor. Bid saam dat al die drukwerk vlot sal verloop en dat huwelike sommer gou weer vir God teruggewen gaan word.