Dit voel of daar meer lelik as mooi in die wêreld is. Meer om oor te worry as om oor gerus te voel. Dankie tog dat God altyd net goed is. Hy verander NOOIT (Maleagi 3:6). Maak nie saak wat in jou lewe aangaan nie, jy kan altyd vir God dankie sê vir die volgende:
Dat Hy regverdig is (Psalm 7:18)
Vir Sy goedheid en troue liefde, wat nooit sal ophou nie (Psalm 100 :4 en 5)
Dat die Vader jou gebede verhoor (Johannes 11:41)
Dat Jesus ons uit ‘n doodsbestaan verlos het (Romeine 7:24 en 25)
Vir die genade waarmee Hy ons oorlaai omdat ons met Jesus verenig is (1 Korintiërs 1:4)
Vir die oorwinning wat ons in Jesus Christus het (1 Korintiërs 15:57)
Dat Hy ons die krag gee en ons vertrou om in Sy diens te werk (1 Timoteus 1:12)
Dit is goed om die Here te dank – Psalm 92:1