My boek is so 80% klaar. Twee weke van skryf. My vingers is seer getik en my sitvlak is seer gesit. En soos ‘n goeie man sit Thinus nou en proeflees aan die eerste draft. Dankie, lief! Ek moet darem net bysê dat hy mooi sorg dat die mans se kant van die saak ook vertel word.
Monthly Archives: September 2013
Ek het jou opinie nodig vir my boek, asseblief
Ek is besig om ‘n boek te skryf oor die huwelik. Ek wil graag ‘n vinnige meningspeiling doen om uit te vind of mense oor die algemeen gelukkig of ongelukkig getroud is. Moenie bekommerd wees nie, ek kan glad nie sien wie stem nie, dis anoniem. Kies net die Ja of die Nee knoppie.
So, die vraag is:
Is jy gelukkig getroud?
My tweede boek in wording
Geniet mense jou woorde?
Ek lees Markus 12:37 en dit val my op dat die “skare het dit geniet om na Jesus te luister”. Die Amplified sê: “listening to Him with delight”. Ek kan nogal ʼn prentjie vorm van hoe die mense na Jesus geluister het met smiles op hulle gesigte.
Hoe lyk die mense wat vandag na jou woorde luister? Bou jy op of breek jy af? Wie kom soek jou op om spesiaal jou woorde te geniet?
Wenner van die DVD
Nicolette Olivier is die wenner van die Mark Gungor DVD stel. Sy het ‘n goeie oog en het die woord “kilewuh” raakgesien op die Watter Bybelvertaling bladsy op my Blog. Baie geluk Nicolette! Ek hoop jy en Etienne kyk lekker saam daarna
Waarmee hou jy jouself besig?
Kolossense 3:2 (Die Boodksap)
Moenie toelaat dat dinge wat nie vir Jesus belangrik is nie, vir julle te belangrik word nie.
Ek praat van tydelike, aardse dinge waarmee julle julle partymaal so kan besig hou.
Bestee liewer al julle tyd aan dinge wat vir Jesus belangrik is.
Dink daaroor na, praat daaroor en doen dit!
Kom wen ‘n DVD!
Op die DVD/Flieks bladsy van my Blog, praat ek oor die DVD Laugh your way to a better marriage van Mark Gungor. Ek wil graag hierdie stel van 4 DVD’s weggee vir iemand met ʼn fyn ingestelde oog. Hier is hoe dit werk: ek het iewers op een van die bladsye van my Blog die woord “huwelik” agterstevoor (kilewuh) tussen die bestaande woorde gaan insit. Jy sal mooi moet soek, hoor! As jy dit kry, stuur vir my ʼn epos na antonetb@iafrica.com met die naam van die bladsy waarop jy “kilewuh” gekry het, saam met jou posadres. Ek stuur die stel DVD’s vir die tiende persoon wat die regte antwoord gee.