Antonet se geselshoekie

Hier kan ons sommer net real en prakties wees oor Christenskap


Leave a comment

Nuwe boek: sonder BROOD is jy dood

Net voorblad vir blog

Jy hoor so baie dat jy veronderstel is om Bybel te lees. Wanneer die skuldgevoel jou beetpak, trek jy die Bybel nader en vee jy die stof af. En dan onthou jy weer hoekom jy nie Bybel lees nie. Waar begin mens lees? Die Bybel is baie dik en jy verstaan dalk nie altyd wat jy lees nie. Dis intimiderend en somtyds self ‘n bietjie vervelig.

Dit is juis omdat so baie mense die Bybel so beleef, dat ek besluit het om “sonder BROOD is jy dood” te skryf. Ek glo dat hierdie boek jou sommer baie sal help om die Bybel te leer ken, sin te maak daarvan en lief te raak daarvoor.

Ek bespreek eers die bekendste Afrikaanse Bybelvertalings, sodat jy kan besluit watter een vir jou gaan werk. Dan vertel ek jou kortliks waaroor die inhoud van die Bybel gaan. Die grootste deel van die boek gee vir jou ‘n opsomming van die boeke in die Bybel. Jy kry dan ook die geleentheid om elke boek in die Bybel “jou eie te maak”. Die doel van die Bybel is tog om elke dag ‘n praktiese deel van jou lewe te wees.

As jy nooit Bybel lees nie, sal jy altyd ‘n hongerte in jou hê wat die wêreld nie kan bevredig nie. Jesus het self gesê dat Hy die brood is wat lewe gee (Joh. 6:35). Sonder hierdie BROOD is jy geestelik dood!