Antonet se geselshoekie

Hier kan ons sommer net real en prakties wees oor Christenskap


Leave a comment

Lyk my die duiwel was suksesvol

Roger Morneau skryf oor sy okkultiese ondervindings gedurende die 1940’s in sy boek A trip to the supernatural. Hy het deurmekaar geraak met ʼn priester wat die hoof was van ʼn organisasie wat geeste aanbid. Die priester vertel dat Satan in die 1700’s ʼn “Great General Counsel” gehou het met al sy hoë priesters. Satan het geweet dat die wêreld die eindtyd betree en wou graag soveel as moontlik mense weglok van God af. Hulle het op die volgende 3 punt plan besluit:
1. Mense moet oortuig word dat Satan en sy gevalle engele nie regtig bestaan nie. Onlangse studies wys dat 75% van mense vandag, glo nie meer dat daar ʼn regte duiwel bestaan nie.
2. Haal hipnose uit die okkulte en maak dit ʼn aanvaarbare wetenskap wat tot voordeel van die mensdom is. Sodoende kry Satan ʼn oop deur na mense se gedagtes.
3. Satan wou die Bybel vernietig, sonder om dit te verbrand. Hy het gesê dat die evolusie teorie aan almal geleer moet word. Wanneer iemand evolusie glo, vernietig dit sy geloof in die skeppingsverhaal.

Roger het later tot bekering gekom en die res van sy lewe gewy aan God se koninkryk. Hy het nog ʼn hele paar Christelike boeke geskryf. In 1999 is Roger Morneau oorlede.
ʼn Drie uur lange onderhoud met Roger oor die boek: A trip to the supernatural kan gesien word op: http://archive.org/details/ATripIntoTheSupernatural-RogerMorneau-FormerOccultistDemon