Antonet se geselshoekie

Hier kan ons sommer net real en prakties wees oor Christenskap

Wie’s ek?

Final kleiner
Ek is Antonet Bekker. Ek is getroud met Thinus sedert 1990, and still going strong. Ons het lank gesukkel om swanger te raak en in 2002 is Martin gebore. Ons drie like mekaar baie en geniet ons tye saam.

Ek is passionate oor God en sy Woord. Is ek ʼn “goeie Christen”? Nee, ek dink nie so nie – daarvoor het ek nog heeltemal te veel foute! Ek het geleer dat Christen-wees nie iets is wat mens finaal bereik hier op aarde nie. Nee, dis ʼn pad wat mens elke dag stap, hand-aan-hand met God. Hoe meer ek leer van God en sy Woord, hoe meer besef ek dat ek eintlik nie veel weet nie. Maar hoe meer ek leer, hoe meer wil ek leer. Dis so lekker.

God het my in 2005 geroep om voltyds vir Hom te werk. Klink dit vir jou impressive? Dis ʼn skrikwekkende voorreg, maar regtig nie impressive nie, hoor! Sedert my bediening in 2006 begin het, was dit die moeilikste en ook die beste tyd in my lewe. Ek het die eerste maand gesit en beplan dat die stof staan. Dinge soos ʼn missie, visie, 5 jaar beplanning, en in detail wat ek alles wil bereik. En raai wat? Toe lê ek die eerste jaar op die vloer voor God se voete en kry eers genesing by Hom. Ek het sommer baie vinnig geleer dat ek nie meer beplan nie. Ek laat nou alle beplanning aan Hom oor. En nou werk dinge uit, op die regte tyd, soos wat God wil.

Ek het my diploma in Bybel- en Godsdienskunde gedoen en dit baie geniet. God bring geleenthede oor my pad om by selgroepe en Christelike funksies (damesoggende, senior ontbyte, kampe, ens) te praat. Meeste van die tyd doen ek berading en navorsing oor onderwerpe waaroor ek (en ander mense ook) vrae het. In 2009 verras God my met die opdrag dat dit tyd is om boek te skryf. Sjoe, ek wou dit al vir jare doen en het gedink ek is reg daarvoor. Moenie glo nie! Daar is ʼn gesegde: “God does not call the qualified, He qualifies the called”. Ek het dit prakties ondervind en kan eerlik sê dat God alleen die eer kan kry vir Van Nuut Tot Nice. Gaan lees gerus meer daaroor op die bladsy wat ek vir die boek geskep het.

Habakuk 2:2 Die Here het toe vir my gesê: Skryf wat Ek aan jou gaan openbaar duidelik op kleitablette sodat mense dit sommer in die verbygaan kan lees

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s