Antonet se geselshoekie

Hier kan ons sommer net real en prakties wees oor Christenskap


Leave a comment

“Life versus even more life! I can’t lose”

Philippians-1-21-Cross-HD-Wallpaper
Ek het nounet vir ʼn vriendin Filippense 1:21 gestuur. Dis altyd so nice om ʼn vers in verskillende vertalings te gaan lees. Ons ken hierdie vers as: “want om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins”. Maar hoor net hoe klink dieselfde vers in die The Message vertaling: “Alive, I’m Christ’s messenger; dead, I’m his bounty. Life versus even more life! I can’t lose.” Wow, hoe kan ons ooit bang wees vir die dood wanneer ons hierdie hoop het?


Leave a comment

Deurdrenk met liefde

Hart
Ons almal soek op Valentynsdag DIE een by wie ons volmaakte liefde gaan kry. Maar in mense bestaan dit nie. Nie eers in die mens wat jou die liefste het nie. God sê wel vir ons in 1 Johannes 4:18 “Ware, egte liefde verdryf eenvoudig alle vrees. Iemand wat dus nog sulke vrees in hom ronddra, se lewe is nog nie heeltemal deurdrenk met God se liefde nie.” (Die Boodskap). Mag jy vandag vreesloos en deurdrenk wees met God se liefde.