Antonet se geselshoekie

Hier kan ons sommer net real en prakties wees oor Christenskap

Musiek

Juanita du Plessis – Koningskind

Ek het onlangs Juanita se Koningskind CD gekoop. Dit speel al vir weke in my kar. Sy het maar net ‘n gawe om die Woord te omskep in die mooiste musiek! My gunsteling liedjie op die CD is nommer 15, U is my alles:

Here U is my eerste liefde

U is my Alfa Omega, my Eerste my Laaste

U is my hele bestaan.

Vader U is my hele lewe

U is die bloed wat deur my are vloei

U is my alles

Hierdie liedjie gee my sommer hoendervleis! Ek beveel hierdie CD ten sterkste aan

 

AMEN – Laat u wil geskied
Hierdie album het onlangs op die rakke verskyn. Wat ʼn verrassing! Die drie jong mans van die groep AMEN: Bernhard Faasen, Frank Panaou en Renier Bester het die pragtigste stemme. Dis regtig min dat mens ʼn CD kry waarop elke liedjie mooi is. “Laat U wil geskied” is so ʼn CD. Hy is nou by CUM beskikbaar en kos R109.95
Amen

Fernando Ortega – The Shadow of Your Wings
Om hierdie musiek te hê is soos om ʼn kosbare juweel te hê – super mooi en baie duur. Ek het Fernando Ortega se musiek ontdek toe ʼn vriendin vir my een van sy liedjies as ringtone vir my selfoon gee. Ek gebruik dit (Give me Jesus) nou nog om in die oggend mee wakker te word. Hier is dit op YouTube: http://www.youtube.com/watch?v=-N3KPA9ltQE
Fernando het ook ander CD’s uitgebring, maar in my opinie is The Shadow of Your Wings by verre die mooiste een. Die musiek is rustig en net die ding om jou te laat ontspan na ʼn rowwe dag of deel te maak van jou stiltetyd. Van die ander CD’s wat Fernando uitgebring het, het liedjies op met weird woorde en klanke wat vir my klink soos iets in ʼn Rooms Katolieke erdiens.
The Shadow of your Wings kon ek nog nie in winkels kry hier in Suid-Afrika nie. Die enigste website waar ek hom te koop kry is:
Wantitall.co.za en hy kos R325 (http://www.wantitall.co.za/fernando-ortega/All/p1 )
(dalk duur, maar elke sent werd)
fernando_ortega_-_the_shadow_of_your_wings

Retief Burger
Ai, wat kan ek sê van hierdie man se stem? Ek dink al die engele in die hemel sing soos Retief Burger – that’s my story and I’m sticking to it! Hy het al 4 “grootmens” CD’s vrygestel (Luidkeels, Luidkeels Hersien, Luidkeels Oorgegee en Luidkeels Dieper) en 2 vir die kinders (LuidKidz en LuidKids 2). Behalwe vir die feit dat Retief musiek maak wat mooi is om te luister, het die woorde soveel betekenis en spreek regtig tot jou gees.
Retief

Mervis van der Merwe
Ek word al vir ʼn paar jaar geseën met Mervis se musiek. Veral in my stiltetyd beteken die “Binnekant” CD vir my geweldig baie. Ek kom agter baie mense weet nie van Mervis nie. Ek beveel sy musiek ten sterkste aan. Jy kan sommer hoor dat hy ʼn besonderse diep verhouding met God het en natuurlik ook ʼn wonderlike stem. Hierdie twee CD’s (Dors en Binnekant) is ʼn moet vir jou versameling. Jy kan hulle by CUM koop. As dit uit voorraad is, vra jou CUM tak om dit vir jou te bestel. Maak seker jy bestel ʼn hele paar, want jy sal dit graag wil uitdeel.
Mervis

Leave a comment