Antonet se geselshoekie

Hier kan ons sommer net real en prakties wees oor Christenskap

Boeke/Tydskrifte

God was daar
God was dáár…
deur Benescke Janse van Rensburg

Hierdie boek is propvol getuienisse van wonderwerke wat God in mense se lewens gedoen het. Selfs bekendes soos Retah McPherson, Johan Stemmet, Retief Burger en Andries Enslin.
Hierdie boek is weereens ʼn bewys dat God lewend en werklik is, en elke dag aan die werk is in ons lewens.
Ek kan verklaar dat hierdie die boek is wat ek nog die vinnigste in my lewe gelees het. Ek kon dit net nie neersit nie! Dit het my weer die bemoediging gegee dat God ook altyd daar is vir my.

Pippie
Pippie – Anice Kruger en Coleen Naudé
Die boek oor die dogtertjie wat 80% brandwonde oorleef het, het pas verskyn. Ek weet nie hoekom ek die boek gekoop het nie, want ek het nooit die storie in die koerante en op die TV gevolg nie. Sjoe, maar ek is so bly ek het! Dis een van die aangrypendste verhale wat ek nog gelees het. Pippie se ma, Anice, vertel die storie en ek is mal oor haar informele en eerlike manier van gesels. Ek weet Pippie is die hero in hierdie storie omdat sy ʼn vegter is en hierdie geweldige trauma oorleef het. Maar in my boek is Anice die hero. Haar geloof en vashou aan God deur hierdie donker tyd is vir my ʼn inspirasie.
Hierdie boek lees baie maklik en jy kry skaars kans om ʼn sluk koffie te vat, dan moet jy alweer omblaai. Vir die “sensitiewe kykers” moet ek net sê daar is foto’s in die boek van Pippie se brandwonde. Maar in die konteks van die verhaal pas dit in, en ek het dit nie ontstellend gevind nie. Ek beveel aan dat jy sommer vyf boeke gaan koop sodat jy een kan lees en vier ander mense daarmee kan seën.

Princ of the path
The Principle of the Path deur Andy Stanley
Ons gesin besoek een Sondag vir die eerste keer ʼn ander kerk, en hier begin die leraar ʼn reeks oor Andy Stanley se boek: The Principle of the Path. Dit het my so geraak dat ek die boek gekoop het, en al die ander Sondae van die reeks ook bygewoon het.
Ek werk gereeld met mense wat in sak en as is oor hulle omstandighede: “Ek bid aanhoudend en God help my nie”. Ja, God is Almagtig en sommer baie lief vir ons. Maar as ons aanhoudend die verkeerde pad loop en stupid goed doen, wat is God se verantwoordelikheid dan in ons lewens? Hierdie boek verduidelik dat die pad waarop jy loop (bv: internet pornografie) by ʼn voorspelbare eindbestemming gaan uitkom (bv. huweliksprobleme). As jy ʼn pad stap wat God vir jou aanwys en dinge op sy manier doen, sal die eindbestemming vrede en geluk wees. Die keuse is joune.
Andy Stanley skryf goed en sy boeke is redelik maklik om te lees – nie moeilike teologie nie, maar praktiese Bybelse raad.
Die boek is beskikbaar by:
Exclusive Books : R92
Kalahari.com: R99 (http://www.kalahari.com/books/The-Principle-of-the-Path/632/36690067.aspx)
(Ek sien nie die boek op CUM se website nie, maar miskien het hulle dit. Vra jou naaste tak.)

JUIG
http://www.juig.co.za/
Ek hou baie daarvan om te lees, maar dan moet dit iets oordentlik wees. Die JUIG! tydskrif is vir my een van die beste bronne van geestelik “kos” wat ek nog raakgeloop het. Ek het ingeteken daarop ‘n paar jaar gelede en kry dit in my posbus. As jy nie gepla is oor modes en resepte nie, is hierdie tydskrif vir jou.

Spraklng Gems
Sparkling Gems from the Greek, deur Rick Renner
Na my Bybel is my heel gunsteling boek definitief Sparkling Gems from the Greek deur Rick Renner. Hierdie boek breek die Nuwe Testament oop vir mense soos ek en jy wat nie Grieks ken nie. Die Grieks waarin die Nuwe Testament oorspronklik geskryf was, het soveel dieper betekenis as wat Engels en Afrikaans bied. Geweldig baie van die betekenis van woorde in die Bybel gaan verlore wanneer dit vertaal word.

Hierdie boek is in die vorm van dagstukke geskryf, so jy hoef nie die hele boek op eenslag deur te lees nie (maar die kans is goed dat jy graag sal wil). ʼn Voorbeeld uit die boek: Lukas 17:3 sê dat jy jou broer moet vergewe. Die Griekse woord vir “vergewe” is aphiemi. Rick Renner verduidelik dat dit beteken: “to set free, to let go, to release, to discharge, or to liberate completely. To forfeit any right to hold a person captive to a previous commitment or wrong he as committed”. En ons dink soms dat vergewe iets te doen het met hoe ons voel.

Ek kon nog nie hierdie boek in winkels kry nie, en bestel hom maar altyd oor die internet. Hy is tans beskikbaar by:
http://www.kalahari.com vir R389
http://www.loot.co.za vir R415

Dit klink dalk duur, maar glo my dit die beste belegging wat jy ooit sal kan maak (na jou Bybel, natuurlik!). Net om my nuwe Blog se geboorte te vier, wil ek graag een van hierdie boeke weggee. Stuur jou naam en posadres aan: antonetb@iafrica.com. Ek sal die boek gratis stuur vir die tiende persoon van wie ek ʼn epos kry. Sodra daar ʼn wenner is, sal ek dit op die blog aankondig – dan kan julle maar ophou eposse stuur, hoor!

Ek gee hierdie boek 5 volle sterre
5 sterre

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s