Antonet se geselshoekie

Hier kan ons sommer net real en prakties wees oor Christenskap

Goeie links

Dis soms moeilik om goeie Christelike inligting op die groot Wereld Wye Web (is dit veronderstel om vertaalbaar te wees?) te kry. Ek het al ‘n paar websites ontdek wat goeie inligting en toerusting bevat. Hier wil ek dit graag met jou deel.

1. http://www.gotquestions.org/
Hier word vrae oor die Bybel en Christenskap gevra en beantwoord. Jy kan vir onderwerpe gaan soek op die website, of aanteken vir hulle weeklikse nuusbrief. Elke Vrydag aand word ‘n vraag en sy antwoord (uit die Bybel) uitgestuur. Wat ek van hierdie span Christene hou is dat hulle altyd die antwoorde uit die Bybel kry en nie op menslike opinies staatmaak nie. Ek het al baie hier geleer.
2. http://www.christianlibertybooks.co.za/
Christian Liberty Books is ‘n bediening wat goeie Christen boeke teen lae pryse verkoop. Enige winste wat hulle maak word vir sendingwerk gebruik
3. http://www.reverendfun.com/
Op die Reverendfun website is die oulikste Christelike cartoons. Jy kan inteken om die nuutste een elke keer per epos te kry. Ek sien hulle verkoop nou ook T-hemde, koffie bekers en kaartjies met die grappies op. Ek weet net nie hoe ‘n koffie beker gaan lyk as hy van Amerika gepos word nie – ek sal seker net mosaiek daarmee kan maak…
Reverendfun

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s