Ek het nounet vir ʼn vriendin Filippense 1:21 gestuur. Dis altyd so nice om ʼn vers in verskillende vertalings te gaan lees. Ons ken hierdie vers as: “want om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins”. Maar hoor net hoe klink dieselfde vers in die The Message vertaling: “Alive, I’m Christ’s messenger; dead, I’m his bounty. Life versus even more life! I can’t lose.” Wow, hoe kan ons ooit bang wees vir die dood wanneer ons hierdie hoop het?