Ons kan so maklik sê: “O genade!” as iets gebeur. In Engels is dit die woord mercy of grace. Maar wanneer ons hierdie woord van nader bekyk in die Bybel, sien ons dat dit ook vertaal word as “ontferming” (NLV) en “liefde” (DB).
Psalm 40:12 (NLV) klink so: “Here, moenie u ontferming van my weghou nie. Laat u liefde en trou my altyd beskerm.” In die Engelse Bybels is hierdie Psalm 40:11. In die Amplified Bible klink hy so: “Withhold not Your tender mercy from me, O Lord; let Your loving-kindness and Your truth continually preserve me!”
Ek het gaan kyk wat hierdie genade/ontferming/mercy in die oorspronklike Hebreeus beteken: dit is soos die fetus sagkuns in die baarmoeder beskerm word.
Wow, is dit nie kosbaar nie?