Ek kom nou net af op iets in my joernaal van 2010. Ek het die dag Psalm 107:20 in die King James Version gelees. Dit sê: “He sent his word, and healed them, and delivered them from their destructions.” Ek het ook Efesiërs 5:26 ontdek wat sê dat God ons skoon was met die water van die Woord.
Ek het eers die woord “healed” gaan opkyk. In die oorspronklike Hebreeus beteken dit: “to mend by stiching”. Daarna het ek gesien dat die woord “delivered” beteken “to be smooth”. Dit het onmiddelik ‘n prentjie by my opgebring van God wat met baie tyd en geduld al my stukkend met stekies vaswerk. Wanneer Hy my bevry, is dit ook asof hy al my lelike kreukels weer glad maak. Al my vuil verdwyn ook wanneer Hy my was met Sy Woord.
Ek het daai dag 2 stukke wit lap geneem. Die eerste stukkie lap het ek geskeur, gekreukel en in die grond gaan vryf. Die tweede stukkie het ek heel en skoon gelos. Ek het albei in my joernaal geplak. Vir my is dit ‘n “before” en “after” prentjie van God se werk in my.