Ek was so gelukkig om een van die 10 te wees wat ‘n stel boeke gekry het. Wat ‘n belewenis. Ek kan beslis jou boeke aanbeveel. ‘Ek en Kerk’ is my gunsteling. Soos wat ek gelees het, kon ek myself, my gemeentelede en ook my predikant sien. Wow, wat ‘n eye opener! Miskien is ek al te lank in my kerk. 30 Jaar is ‘n leeftyd en om gekonfronteer te word met menslike tradisies wat omtrent die helfte van die tyd nie Gods gerig is nie, en hoe meer jy in jou eie geloofspad groei, hoe meer sien jy die probleme raak en dan wonder jy of jy regtig in die regte kerk is. Dis duidelik dat Godsake nie belangrik is in my kerk nie. Ons gaan tans deur finansiele probleme soos soveel ander kerke, en ons fokus het dus heeltemal geskuif. Intussen weet ek ook dat ons geld verkeerd aangewend word en dat daar heelwat dingetjies is wat “onder die mat ingevee word” en van die gemeentelede af weggehou word. Die boeke lyk reg, maar dis ‘creative accounting’. Ek het al opgemerk “take care of God’s business and God will take care of yours”, maar is omtrent gestenig oor daai opmerking. Ons het beslis te veel gemeentelede wat daar is vir hulle eie selfbelang. Dankie vir sulke goeie boeke. Dit is werklik ‘n hulp en ‘n aansporing vir iemand soos ek om te kyk waarheen ek kan aanbeweeg.
25/09/2018 at 13:32