In Matteus 6:14 lees ons dat wanneer ek ander mense vergewe, sal God my vergewe. In Johannes 20:23 gaan dit nog verder: as ek ander vergewe, sal God hulle vergewe. As jy nie iemand anders vergewe nie, vergewe God ook nie daardie persoon nie. Sjoe, dis erg! Dit is dus dubbel noodsaaklik om ander mense te vergewe.
Kyk net wat vergifnis in detail beteken:
- Vrylaat
- Om genade te betoon
- Nie langer vashou nie
- Om jouself op te lig
- Wegstap
- Herstel
So wanneer jy vergewe bevry jy jouself en die ander persoon, deur genade te bewys. Eerstens kies jy om nie langer vas te hou aan bitterheid en wrokke wat jou gevange hou nie. Wanneer jy laat los, word jy opgelig en kan jy wegstap van die negatiewe gevoelens. Eers dan sal jy begin herstel.