Antonet se geselshoekie

Hier kan ons sommer net real en prakties wees oor Christenskap

God – my rots

Leave a comment

Kort na my pad met God begin het, het ek Psalm 31:18 gelees: “Here, laat my nie teleurgestel staan in my verwagting as ek U aanroep nie.” Die vers het presies gesê hoe ek gevoel het. Ek het geweet ek moet bid oor alles, maar was nie seker of God my regtig gaan antwoord nie. Sien, ek het nog so baie trust issues gehad, omdat mense my al so teleurgestel het.

Hierdie week het ek weer op hierdie vers afgekom. Dit is wonderlik hoe die jare saam met God my vertroue in Hom versterk het. Ek het nie meer ‘n “verwagting” van Hom nie. Dit voel nou eerder asof ons een is. As ek ‘n prentjie moet skets van my gevoel (en dis nogal moeilik, hoor), sal dit so lyk: God is ‘n reusagtige rots, waarvan ek nie die einde kan sien nie. In hierdie rots is daar ‘n diep holte waarin ek rustig sit. Ek is veilig en geborge en voel die soliede beskerming rondom my. Selfs al gaan dinge rof, kan dit my nie uit hierdie sterk skuiling ruk nie. Dis ‘n gevoel van innerlike vrede wat die wêreld nooit kan gee nie en ook nie kan wegvat nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s