Antonet se geselshoekie

Hier kan ons sommer net real en prakties wees oor Christenskap


Leave a comment

Vergifnis

In Matteus 6:14 lees ons dat wanneer ek ander mense vergewe, sal God my vergewe. In Johannes 20:23 gaan dit nog verder: as ek ander vergewe, sal God hulle vergewe. As jy nie iemand anders vergewe nie, vergewe God ook nie daardie persoon nie. Sjoe, dis erg! Dit is dus dubbel noodsaaklik om ander mense te vergewe.

Kyk net wat vergifnis in detail beteken:

  • Vrylaat
  • Om genade te betoon
  • Nie langer vashou nie
  • Om jouself op te lig
  • Wegstap
  • Herstel

So wanneer jy vergewe bevry jy jouself en die ander persoon, deur genade te bewys. Eerstens kies jy om nie langer vas te hou aan bitterheid en wrokke wat jou gevange hou nie. Wanneer jy laat los, word jy opgelig en kan jy wegstap van die negatiewe gevoelens. Eers dan sal jy begin herstel.


Leave a comment

Genade

Ons kan so maklik sê: “O genade!” as iets gebeur. In Engels is dit die woord mercy of grace. Maar wanneer ons hierdie woord van nader bekyk in die Bybel, sien ons dat dit ook vertaal word as “ontferming” (NLV) en “liefde” (DB).

Psalm 40:12 (NLV) klink so:Here, moenie u ontferming van my weghou nie. Laat u liefde en trou my altyd beskerm.” In die Engelse Bybels is hierdie Psalm 40:11. In die Amplified Bible klink hy so: “Withhold not Your tender mercy from me, O Lord; let Your loving-kindness and Your truth continually preserve me!”

Ek het gaan kyk wat hierdie genade/ontferming/mercy in die oorspronklike Hebreeus beteken: dit is soos die fetus sagkuns in die baarmoeder beskerm word.

Wow, is dit nie kosbaar nie?


Leave a comment

“Before” en “after” God

Ek kom nou net af op iets in my joernaal van 2010. Ek het die dag Psalm 107:20 in die King James Version gelees. Dit sê: “He sent his word, and healed them, and delivered them from their destructions.” Ek het ook Efesiërs 5:26 ontdek wat sê dat God ons skoon was met die water van die Woord.

Ek het eers die woord “healed” gaan opkyk. In die oorspronklike Hebreeus beteken dit: “to mend by stiching”. Daarna het ek gesien dat die woord “delivered” beteken “to be smooth”. Dit het onmiddelik ‘n prentjie by my opgebring van God wat met baie tyd en geduld al my stukkend met stekies vaswerk. Wanneer Hy my bevry, is dit ook asof hy al my lelike kreukels weer glad maak. Al my vuil verdwyn ook wanneer Hy my was met Sy Woord.

Ek het daai dag 2 stukke wit lap geneem. Die eerste stukkie lap het ek geskeur, gekreukel en in die grond gaan vryf. Die tweede stukkie het ek heel en skoon gelos. Ek het albei in my joernaal geplak. Vir my is dit ‘n “before” en “after” prentjie van God se werk in my.Vuil en skoon lap

 


Leave a comment

Is jy bang vir mense?

Ja, ek weet. Mense maak seer, stel ons teleur en is onbetroubaar. Wat sê die Bybel oor vrees vir mense?

Spreuke 29:25 (NLV) sê: “Jy stel vir jouself ’n slagyster as jy vir mense bang is. Jy beveilig jou lewe as jy op die Here vertrou. “

Ons lees in Jesaja 8:13 (NLV)Moenie vir enigiets of enigiemand bang wees nie, behalwe vir die Here, die Almagtige. Hy alleen is die Heilige Een. As julle Hom vrees, hoef julle vir niemand anders bang te wees nie.” Dit beteken dat jy vir God alleen ‘n heilige ontsag en respek moet hê

En of die “slagyser-ding” in Spreuke 29:25 nie erg genoeg is nie, verklaar die Amplified Bybel die laaste deel van Jesaja 8:13 so: “lest you offend Him by your fear of man and distrust of Him.” So as jy mense vrees, offend jy God en wys dat jy Hom nie vertrou nie. Dit klink na groot moeilikheid!


Leave a comment

Nuwe boek: sonder BROOD is jy dood

Net voorblad vir blog

Jy hoor so baie dat jy veronderstel is om Bybel te lees. Wanneer die skuldgevoel jou beetpak, trek jy die Bybel nader en vee jy die stof af. En dan onthou jy weer hoekom jy nie Bybel lees nie. Waar begin mens lees? Die Bybel is baie dik en jy verstaan dalk nie altyd wat jy lees nie. Dis intimiderend en somtyds self ‘n bietjie vervelig.

Dit is juis omdat so baie mense die Bybel so beleef, dat ek besluit het om “sonder BROOD is jy dood” te skryf. Ek glo dat hierdie boek jou sommer baie sal help om die Bybel te leer ken, sin te maak daarvan en lief te raak daarvoor.

Ek bespreek eers die bekendste Afrikaanse Bybelvertalings, sodat jy kan besluit watter een vir jou gaan werk. Dan vertel ek jou kortliks waaroor die inhoud van die Bybel gaan. Die grootste deel van die boek gee vir jou ‘n opsomming van die boeke in die Bybel. Jy kry dan ook die geleentheid om elke boek in die Bybel “jou eie te maak”. Die doel van die Bybel is tog om elke dag ‘n praktiese deel van jou lewe te wees.

As jy nooit Bybel lees nie, sal jy altyd ‘n hongerte in jou hê wat die wêreld nie kan bevredig nie. Jesus het self gesê dat Hy die brood is wat lewe gee (Joh. 6:35). Sonder hierdie BROOD is jy geestelik dood!

 


Leave a comment

God – my rots

Kort na my pad met God begin het, het ek Psalm 31:18 gelees: “Here, laat my nie teleurgestel staan in my verwagting as ek U aanroep nie.” Die vers het presies gesê hoe ek gevoel het. Ek het geweet ek moet bid oor alles, maar was nie seker of God my regtig gaan antwoord nie. Sien, ek het nog so baie trust issues gehad, omdat mense my al so teleurgestel het.

Hierdie week het ek weer op hierdie vers afgekom. Dit is wonderlik hoe die jare saam met God my vertroue in Hom versterk het. Ek het nie meer ‘n “verwagting” van Hom nie. Dit voel nou eerder asof ons een is. As ek ‘n prentjie moet skets van my gevoel (en dis nogal moeilik, hoor), sal dit so lyk: God is ‘n reusagtige rots, waarvan ek nie die einde kan sien nie. In hierdie rots is daar ‘n diep holte waarin ek rustig sit. Ek is veilig en geborge en voel die soliede beskerming rondom my. Selfs al gaan dinge rof, kan dit my nie uit hierdie sterk skuiling ruk nie. Dis ‘n gevoel van innerlike vrede wat die wêreld nooit kan gee nie en ook nie kan wegvat nie.


Leave a comment

Juanita du Plessis – Koningskind

Ek het onlangs Juanita se Koningskind CD gekoop. Dit speel al vir weke in my kar. Sy het maar net ‘n gawe om die Woord te omskep in die mooiste musiek! My gunsteling liedjie op die CD is nommer 15, U is my alles:

Here U is my eerste liefde

U is my Alfa Omega, my Eerste my Laaste

U is my hele bestaan.

Vader U is my hele lewe

U is die bloed wat deur my are vloei

U is my alles

Hierdie liedjie gee my sommer hoendervleis! Ek beveel hierdie CD ten sterkste aan


Leave a comment

Nuwe boek oor KERK

Sonder woorde CROPPED vir FB

Ek is besig om my 3de boek te skryf en dit gaan oor KERK. Ek wil graag jou opinie hoor oor kerk. Eerstens die vraag: wat verwag jy van kerk? Dan ook die mooi stories van wat kerk vir jou beteken en die slegte stories van hoe teleurgesteld jy al was in kerk. Ek wil geen name van individue of denomnasies in die boek plaas nie. Daarom het ek ʼn Confidentiality Agreement laat opstel deur ʼn prokureur waarin ek onderneem om alle stories heeltemal anoniem te hou. Ek kan vir jou hierdie brief epos as jy dit verkies.

Jy kan jou opinie en storie epos aan my: antonetb@iafrica.com

of

sms na 0719202105 (hierdie selfoon nommer is net vir sms’e en nie vir oproepe nie)

of

gaan post op die boek se facebook blad: https://www.facebook.com/kerkboek1. Hierdie posts is natuurlik nie anoniem nie


Leave a comment

Die “NOAH” fliek

Noah
Ja, ek het ongelukkig die NOAH fliek gaan kyk. Ek het uitgestap met ʼn siek gevoel in my. Die storie was evil, donker en meestal baie ver van die Bybelse weergawe. Ek kon nie ophou dink aan die vyf tiener outjies wat voor ons in die fliek gesit het nie. Het hulle die regte storie in die Bybel gelees, of vreet hulle al die snert in die fliek vir soetkoek op?

• Noag se pa is nie doodgemaak toe hy ʼn klein seuntjie was nie. Genesis 5:30 sê dat Lameg nog 590 jaar geleef het na Noag se geboorte.
• ʼn Slangvel (blykbaar van die slang in die Tuin van Eden) word van Adam af oorgedrag na al die daaropvolgende geslagte. Noag “erf” dan ook hierdie slangvel wat magic kragte het, van sy pa.
• Noag het nie sy seun se meisie laat doodgaan nie. Sy seuns het reeds almal vrouens gehad wat ook saam op die ark was (Gen. 7:7).
• Gevalle engele (“rockmonsters” of “watchers”) beskerm Noag en sy gesin. Dis nie Bybels nie.
• Vir Noag om te glo dat hulle (hy en sy gesin) bloot net daar is om die “onskuldige” diere te red van die vloed, klink vir my soos ʼn New Age beginsel. Noag raak van sy trollie af wanneer Sem se vrou ʼn tweeling kry omdat die mense-ras nie veronderstel is om voort te bestaan nie. In Genesis 6:18 sê God vir Noag dat Hy ‘n verbond met hom oprig en in Genesis 9:1 seen Hy Noag en sy seuns en sê dat hulle moet vrugbaar wees en vermeerder.

Dis maar net ʼn paar van die leuens. Die feit dat al die mans en vrouens langbroeke dra is net nog een. Ek dog die mense in die Bybelse tyd het almal rokke/klede gedra?

Ek beveel nie hierdie fliek aan nie.


Leave a comment

“Life versus even more life! I can’t lose”

Philippians-1-21-Cross-HD-Wallpaper
Ek het nounet vir ʼn vriendin Filippense 1:21 gestuur. Dis altyd so nice om ʼn vers in verskillende vertalings te gaan lees. Ons ken hierdie vers as: “want om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins”. Maar hoor net hoe klink dieselfde vers in die The Message vertaling: “Alive, I’m Christ’s messenger; dead, I’m his bounty. Life versus even more life! I can’t lose.” Wow, hoe kan ons ooit bang wees vir die dood wanneer ons hierdie hoop het?