Ek het sopas my proefboek ontvang! Dis ʼn groot dag vandag. Dankie Danie vir die awesome buiteblad – my baba se gesig is beautiful! Sodra ek die drukkers laat weet dat ek tevrede is, gaan hulle die boeke druk.
Ek wil graag vir elkeen van julle wat hier lees ʼn gratis boek stuur. Ons almal het nog baie om te leer om ons huwelike beter te maak. Onthou dat hierdie boek nie net oor die huwelik gaan nie. Die eerste deel is vir die tieners en die van julle wat nog wil trou. Stuur asseblief jou naam en posadres aan: antonetb@iafrica.com . Ek stuur GRAAG vir julle wat oorsee bly ook boeke – so stuur gerus ook julle pos adresse vir my.
Ek gaan 25 November die boeke kry en dan sal ek die boeke begin pos.