Dit tref my weer vandag: ons is net mooi niks sonder Jesus nie. Voel jy dat jy jouself verloor het en weer moet vind? Jy het eintlik niks om in jouself te vind nie. In Johannes 15:5 sê Jesus vir ons dan ons niks sonder Hom kan wees nie. Hy is die wynstok en ons die lote. Ons moet net aan Hom hang en toelaat dat alles wat Hy het en is, deur ons vloei. So my raad aan jou is: hang in there!