Wie is Ek?

Ek is Antonet Bekker. Ek is getroud met Thinus sedert 1990. Ons seun Martin is in 2002 gebore.
Ek is passionate oor God en sy Woord. Is ek ʼn “goeie Christen”? Nee, ek dink nie so nie – daarvoor het ek nog heeltemal te veel foute! Ek het geleer dat Christen-wees nie iets is wat mens finaal bereik hier op aarde nie. Nee, dis ʼn pad wat mens elke dag stap, hand-aan-hand saam met God. Hoe meer ek leer van God en sy Woord, hoe meer besef ek dat ek eintlik nie veel weet nie. Maar hoe meer ek leer, hoe meer wil ek weet. Dis so lekker.
God het my in 2005 geroep om voltyds vir Hom te werk. Klink dit vir jou impressive? Dis ʼn skrikwekkende voorreg, maar regtig nie glamorous nie, hoor! Sedert my bediening in 2006 begin het, was dit die moeilikste en ook die beste tyd in my lewe.
Ek het my diploma in Bybel- en Godsdienskunde gedoen en dit baie geniet. God bring geleenthede oor my pad om by selgroepe en Christelike funksies (damesoggende, senior ontbyte, kampe, ens) te praat. Meeste van die tyd doen ek berading en navorsing oor onderwerpe waaroor ek (en ander mense ook) vrae het. In 2009 verras God my met die opdrag dat dit tyd is om boek te skryf. Daar is mos ʼn gesegde: “God does not call the qualified, He qualifies the called”. Ek het dit prakties ondervind en kan eerlik sê dat God alleen die eer kan kry vir “Van Nuut Tot Nice“. Sedertdien het “Huwelik Bliss“, “Ek en Kerk” en Sonder BROOD is jy dood gevolg. Lees meer oor hierdie boeke: My Boeke
Habakuk 2:2 Die Here het toe vir my gesê: Skryf wat Ek aan jou gaan openbaar duidelik op kleitablette sodat mense dit sommer in die verbygaan kan lees
Kontak my as jy enigevrae het oor Christenskap of die Bybel.