Dis soms moeilik om goeie Christelike inligting op die groot Wereld Wye Web (is dit veronderstel om vertaalbaar te wees?) te kry. Ek het al ‘n paar websites ontdek wat goeie inligting en toerusting bevat. Hier wil ek dit graag met jou deel.
- http://www.gotquestions.org/ Hier word vrae oor die Bybel en Christenskap gevra en beantwoord. Jy kan vir onderwerpe gaan soek op die website, of aanteken vir hulle weeklikse nuusbrief. Elke Vrydag aand word ‘n vraag en sy antwoord (uit die Bybel) uitgestuur. Wat ek van hierdie span Christene hou is dat hulle altyd die antwoorde uit die Bybel kry en nie op menslike opinies staatmaak nie. Ek het al baie hier geleer.
- https://www.bybelwoord.net/ Bybelwoord bied gratis Bybel kursusse aan. Hierdie kursusse word aanlyn gedoen en deur ‘n mentor nagesien. Jy kan dit op jou eie tyd doen, net soos dit jou pas. Daar is ook interessante Christelik artikels op hierdie webwerf
- https://www.christianlibertybooks.co.za/ Christian Liberty Books is ‘n bediening wat Christelike boeke teen lae pryse verkoop. Enige winste wat hulle maak, word vir sendingwerk gebruik.
