Antonet se geselshoekie

Hier kan ons sommer net real en prakties wees oor Christenskap


Leave a comment

Deurdrenk met liefde

Hart
Ons almal soek op Valentynsdag DIE een by wie ons volmaakte liefde gaan kry. Maar in mense bestaan dit nie. Nie eers in die mens wat jou die liefste het nie. God sê wel vir ons in 1 Johannes 4:18 “Ware, egte liefde verdryf eenvoudig alle vrees. Iemand wat dus nog sulke vrees in hom ronddra, se lewe is nog nie heeltemal deurdrenk met God se liefde nie.” (Die Boodskap). Mag jy vandag vreesloos en deurdrenk wees met God se liefde.


Leave a comment

Radio Kansel onderhoud

Ek was vandag by Radio Kansel se ateljees. Wynand Rossouw het ʼn onderhoud met my gedoen vir sy program Familie Vandag. Dit word Saterdag 18 Januarie om 07h00 uitgesaai.
Volgende Donderdag, 23 Januarie, word nog ʼn onderhoud uitgesaai waar ek 400 Huwelik Bliss boeke gaan weggee vir luisteraars. Dit gaan 07h00 op Kaapse Kansel uitgesaai word en 8h55 op Radio Kansel.
Radio Kansel is op 657AM en Kaapse Kansel is op 729AM
RK onderhoud Antonet

RK onderhoud ateljee

RK onderhoud Wynand en Antonet


Leave a comment

Gewilligheid en vermoë kom van God

Miskien voel jy dat jy nie alles in 2013 reggekry het wat jy moes nie? Dis so awesome om 2014 te kan binne gaan met Filippense 2:13 “Dis mos God wat my gewillig maak om te doen waarvan Hy hou, en Hy gee my ook die vermoë om dit te kan doen.”
So, God gee jou die gewilligheid en vermoë om dit te doen waarvan Hy hou. Miskien moet ons net bietjie meer tyd maak vir stil word en luister na wat Hy vir ons sê.
Mag jy ʼn gewillige en geïnspireerde 2014 beleef.


Leave a comment

Huwelik Bliss

HB cover
Huwelike is een van die wonderlikste en belangrikste, maar ter selfde tyd een van die hartseerste dinge in ons hedendaagse lewe. Dit is vir God baie belangrik en Hy wil hê dit moet vir ons ‘n blessing wees. ‘n Goeie huwelik is nie net ‘n seën vir die man en vrou nie, maar vir baie geslagte daarna. Dis seker hoekom dit een van Satan se favourite slagvelde is. Wanneer mense skei, verwoes dit nie net twee lewens nie, maar sommer ‘n paar geslagte sʼn ook.

Nou wat is ‘n gebluste huwelik? Dis een wat met net goeie intensies begin is en net met goeie prokureurs eindig. Dis een wat met baie verliefdheid begin het, maar waar verliefdheid nooit in ware agape liefde ontwikkel het nie.

In die boek, Huwelik Bliss, begin ons by die begin, daar by Adam se “Vir-haar-ie” en Eva wat verbode vrugkonfyt staan en kook. Ons trek beide die Bybel en wetenskap nader om te kyk hoe amazing God die huwelik en seks geskep het. Sy doel hiermee word sommer nog duideliker wanneer jy sien wat die wetenskap al oor ons ontdek het.

Dan kyk ons ook na die voorhuwelikse era (Tiener tot Trou), want dis waar ons partykeer soveel stupid besluite maak wat ons nog jare later in die huwelik in die butt byt. Moeilike onderwerpe soos saambly, homoseksualiteit, “perde koop” en hoekom jy wil trou word reguit aangespreek.

Wanneer ons oor die huwelik self praat kyk ons na wat dit nou regtig is en wat God dit bedoel het om te wees. Daar word hier nogal heelwat oor seks ook gepraat, want dis ‘n belangrike deel van die huwelik en een van die duiwel se favourite “speel plekke”. Ons Christene praat mos nie hieroor nie. Onderwerpe soos onderdanigheid, pornografie, affairs en roMANse word ook van nader bekyk. Mans sal veral die “Hoe om jou vrou in Top Gear te kry” hoofstuk geniet en mooi verstaan. Ek het ook ʼn klomp vrouens gevra om vraelyste te voltooi oor hulle belewenis van seks binne die huwelik. Jy sal verbaas wees oor die resultate van hierdie vraelyste.

Laastens kyk ons na die hartseer werklikheid wanneer die pôpô die huweliksfan tref. Daar is baie ware stories in die boek. Jy kan dalk identifiseer met hulle en ander gaan dalk klink of dit ‘n fliek kon wees.

Ek hoop dat die boek jou sal help om ‘n gebluste huwelik te voorkom of om jou te help om jou gebluste huwelik in huwelik bliss te verander. Onthou net dat alleenlik God ‘n strepie deur blus kan trek en bliss in die plek daarvan kan skryf. Jy kan dit nie self regkry nie, maar Hy kan en sal, as jy Hom toelaat.


Leave a comment

Stuur jou adres vir ʼn gratis boek

Ek het sopas my proefboek ontvang! Dis ʼn groot dag vandag. Dankie Danie vir die awesome buiteblad – my baba se gesig is beautiful! Sodra ek die drukkers laat weet dat ek tevrede is, gaan hulle die boeke druk.
Ek wil graag vir elkeen van julle wat hier lees ʼn gratis boek stuur. Ons almal het nog baie om te leer om ons huwelike beter te maak. Onthou dat hierdie boek nie net oor die huwelik gaan nie. Die eerste deel is vir die tieners en die van julle wat nog wil trou. Stuur asseblief jou naam en posadres aan: antonetb@iafrica.com . Ek stuur GRAAG vir julle wat oorsee bly ook boeke – so stuur gerus ook julle pos adresse vir my.
Ek gaan 25 November die boeke kry en dan sal ek die boeke begin pos.
HB boek crop


Leave a comment

Huwelik Bliss word gebore

HB naam jpeg
Byna ses weke se skryf is agter die rug! Die manuskrip is nou by die proefleser. Die drukkers het al die ISBN nommer geregistreer en begin volgende week met die buiteblad. Al die balle is aan die rol.

God het vir my die naam Huwelik Bliss in prentjie vorm gegee. Dit beteken: Is jy op hierdie stadium in ʼn gebluste huwelik of is jy dalk besig om jou huwelik te blus? Of hoop jy vir meer bliss (geluk) in jou vervelige huwelik? Net God alleen kan blus doodkrap en bliss in die plek daarvan skryf.

Die boek is propvol ware stories en sommer baie humor. Wie is Bokkie en Rambo? Het Eva Verbode Vrug konfyt staan en kook in die Tuin van Eden? Het jy geweet vrouens kan vergelyk word met sport motors? Hoekom is dit stupid en diefstal om seks voor die huwelik te hê? Trou is nie perde koop nie – of is dit? Hoe sit jy jou eie man weer terug in roMANse? Wat het die resultate gewys van die klomp vraelyste wat ek vrouens laat voltooi oor seks in die huwelik? Hierdie, en sommer nog baie ander vrae, word in Huwelik Bliss beantwoord.

God het al die geld voorsien om 1000 boeke te druk. Sy opdrag was dat ek dit gratis moet uitdeel, sodat huwelike gered kan word. Hy wil hê dat huwelike weer moet lyk soos Hy dit geskep het om te wees.

Ek is so opgewonde hieroor. Bid saam dat al die drukwerk vlot sal verloop en dat huwelike sommer gou weer vir God teruggewen gaan word.


Leave a comment

Hang in there!

Dit tref my weer vandag: ons is net mooi niks sonder Jesus nie. Voel jy dat jy jouself verloor het en weer moet vind? Jy het eintlik niks om in jouself te vind nie. In Johannes 15:5 sê Jesus vir ons dan ons niks sonder Hom kan wees nie. Hy is die wynstok en ons die lote. Ons moet net aan Hom hang en toelaat dat alles wat Hy het en is, deur ons vloei. So my raad aan jou is: hang in there!
Vine[1]