Die woord “Vader” beteken: skepper, versorger, beskermer, verdediger, ondersteuner en aanmoediger. Dink bietjie aan jou pa. Sal jy sê dat hy al hierdie eienskappe (gehad) het?
Meeste vrouens wat met my kom gesels oor huweliksprobleme en probleme met die “eks”, vertel dat hulle mans nie onderhoud vir die kinders betaal nie en byna nooit die kinders sien nie. Pa’s is veronderstel om vir ons hier op aarde ʼn voorbeeld te wees van hoe God die Vader is. Geen wonder dat al hoe minder mense God beleef as ʼn liefdevolle en getroue Vader nie.
Jesus het die woord “Vader” 189 keer gebruik toe Hy hier op aarde was. Jesus was die perfekte Seun en sy pa die perfekte Vader. Ai, as ons maar net almal hierdie voorbeeld kon volg…