Ons het ons huis verkoop. Een van die goed wat ons by die prokureurs moet indien is ʼn sertifikaat vir die elektriese heining. Ons gebruik dieselfde ou al vir ʼn paar jaar om hierdie heining reg te maak. Sedert 27 Augustus moes hy ʼn paar keer uitkom om probleme uit te sorteer en die heining op standaard te kry vir die sertifikaat. Saterdag het hy ʼn nuwe probleem ontdek en kwoteer ons R1500 om dit reg te maak. Die parte kos R675.99 en sy diens (labour) is R824.01. Ek was sommer vies. ʼn Spesifieke taak moet tog seker altyd ʼn spesifieke bedrag kos? Die bedrag is mos gekook om ʼn totaal van R1500 te gee? Wat my regtig teleurstel is eerstens dat ons in die laaste maand al R8780 aan hom moes betaal om die heining op standaard te kry, en tweedens dat die ou elke dag Bybelversies op Whatsapp stuur. Sekerlik behoort Christene nie mense so uit te buit nie?