Antonet se geselshoekie

Hier kan ons sommer net real en prakties wees oor Christenskap

Wat gaan jy agterlaat?

1 Comment

Die plafon van my studeerkamer het uitgeval. Wat ʼn gemors! Omdat ons binnekort na ʼn nuwe huis toe gaan trek, het ek die laaste paar dae sommer alles skoongemaak en in bokse gepak. Natuurlik was daar ʼn hele klomp goed wat lankal weggegooi moes word. Ek moes deur honderde CD’s, DVD’s en boeke gaan. Ek kon nie help om te dink dat al die goed wat vir my so kosbaar is, vir niemand anders iets beteken nie. As ek vandag sou doodgaan, wat los ek hier agter? Is dit iets wat ʼn verskil in ander mense se lewens gemaak het? Los ek iets met ewigheidswaarde agter, of net goed wat in die groot swart asblik gaan beland? Hmmm, wat gaan jy eendag agterlaat hier op aarde?

 

One thought on “Wat gaan jy agterlaat?

  1. Ek weet presies hoe jy voel, ons het die 13de getrek na n kleiner huis.
    Ek het gedink ek het van baie goed ontslae geraak…..maar nou is daar nog 20 bokse en 6 kratte wat nie n plekkie het nie en moontlik nooit gaan hê nie…..
    praat nie eers van al die skilderye nie.
    Die lewe is soveel lekkerder sonder al die baie goed waaraan mens vasklou.
    Maar ek is so sentimenteel….

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s