Ek het die laaste maand meer probeer leer van wat die Bybel sê oor liefde. Met die hulp van e-Sword het ek al die verse gekry wat die woord “liefde” in het. ʼn Volle 314 verse in die 1983 Vertaling. Maar wat ek toe ontdek, het my sommer baie verras. In 56 van die verse word liefde elke keer saam met “trou” of “troue” genoem – so asof die twee woorde hand-aan-hand gaan. Die verklaring van hierdie “trou(e)” woord is: betroubaarheid, getrouheid, stabiliteit, waarheid.
Nou wonder ek maar net of soveel huwelike dalk ten gronde gaan omdat daar net gefokus word op liefde. Het ons dalk vergeet van die betroubaarheid (trustworthy, reliable) en getrouheid (faithful) wat hand-aan-hand met die liefde gaan?
10/09/2018 at 17:45
Dit is so waar, ek dink ook dat troue liefde ontbreek in die huwelik, en ook in ander verhoudings.
15/12/2018 at 21:26
You’re a very useful internet site; couldn’t make it without ya! http://ranking-tabletek-na-odchudzanie.eu/